Home   .   About Us   .   Links   .   Contact Us
 

Meer Oefening

Meer oefening - nie al vereiste om jou fietsry te verbeter nie

Die vanselfsprekende antwoord op die vraag “Hoe word ek 'n beter fietsryer?” is “oefen meer”.
Die ander antwoord is: “Ry saam met 'n groep fietsryers wat 'n bietjie fikser is, vinniger, sterker ry en meer ervaring as jy het.”

Verlaat jou gemaksone, al ry jy net vir jou plesier. As jy alleen ry of met 'n groep wat net so sterk is soos jy, gaan jou fietsry moeilik verbeter. Jy gaan nie weet hoe dit voel om beter te ry nie.

Deur 'n ervare groep se tegniek, taktiek en gedragskode fyn dop te hou, gaan jy baie leer oor die sport, hoe om meer doeltreffend te ry en energie te bespaar vir bv. bulte en 'n wedren.

Elke oefengroep bestaan uit individue en verskil dus, maar daar is byna universele riglyne en gebruike. Dit is oor dekades vasgelê en word deur oorlewering, voorbeeld en navolging deur die meer ervare fietsryers aan die nuwe toetreders oorgedra.

Hier is 'n paar ongeskrewe reëls wat jou sal help om baie gouer tuis te voel in 'n rygroep sodat jy op jou fietsry kan konsentreer:

  1. Moenie laat wees vir 'n oefening nie.
  2. Maak seker jy het 'n goeie verstandhouding met die oefengroep, volg hul oefenpatroon.
  3. Wanneer die pas gemaklik is, konsentreer om egalig in 'n volle sirkel te trap en te trek om meer ekonomies te ry.
  4. Op slegte paaie met gate, ry in die middel van die baan. Jy het dieselfde wetlike reg as motors. Beweeg weer links wanneer die padoppervlakte vebeter.
  5. Moenie gedurig deur die bondel vleg en met almal gesels nie. Bly by jou maat. Daar sal later tyd wees om te sosialiseer.
  6. As jy sonder maat is, val dadelik agter in anders ontwrig jy die tempo.
  7. Neem jou beurt om voor pas aan te gee. Die groep wil nie passasiers of verskonings hê nie.
  8. Handhaaf dieselfde spoed as die vorige pasaangeërs sodat die bondel egalig bly ry.
  9. Waarsku dié agter jou betyds oor gevare soos slaggate, draaie en glas met duidelike gebare en 'n uitroep.
  10. Dis gevaarlik om sonder waarskuwing of 'n teken uit jou saal op te staan en te trap want jou fiets beweeg agtertoe.
  11. Moenie dat jou voorwiel die agterwiel voor jou verbysteek nie. As daardie ryer net effens dwars beweeg, kan jy val.
  12. As jy die eerste keer saam met 'n groep oefen, moenie dadelik voor ry en jou krag wys nie. Bly nederig en verdien hul respek.
  13. As jy en 'n maat alleen ry en 'n gestruktureerde oefengroep kom verby, moenie net agter inval, of selfs invleg nie. Dis goeie maniere om te vra of jy mag saamry.
  14. Dis maar deel van fisieke sport om soms te moet neus blaas of keel skoonmaak. Doen dit slegs agter in die bondel of hou 'n sakdoek byderhand.
 

calender


Cyclist of the Month


Sarel Lubbe
April 2011: For his overall 5th place with the Cycle Centre race

Pothole


Carel Kilian
April 2011: For his fall during the MTB Day / Night